Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met die knellende droogte wat nie wil wyk, is daar boere in die Mosselbaai omgewing en inwoners van klein gemeenskappe wat glad nie water het nie, en 'n noodberoep op Mosselbaaiers om te help het vrugte afgewerp.
'n Konvooi vragmotors, bakkies, brandweerwaens en selfs 'n gevangenis trok met sowat 180 000 liter water aanboord het Donderdag 7 November vanaf die Brandweerstasie in Mosselbaai vertrek na plaaslike gemeenskappe wat geïdentifiseers is as kritiek.
Water is by verskeie plase en gemeenskappe in die Buisplaas, Herberstsdale, Hamelkop en Ruiterbos areas afgelewer.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Troos vir boere
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'