Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op Dinsdag 9 September in die Diaz-hotel in Mosselbaai plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir fotoinskrywings, naamlik menslike potrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, die ope afdeling, visuele kuns en die voorgeskrewe onderwerp, wat vanmaand veranderde perspektief was.
Die wenfoto’s vir Septembermaand is Elaine van der Toorn se Lapping in the Dark (natuur) as die senior wenner en George Rautenbach se Sprinkaan op Glentana (natuur) as junior wenner.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae kan Johan van Aarde by 084 760 0602 geskakel word.
Lesers kan ook na die EPS se Facebook-blad (Eden Photographic Society) gaan loer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’