MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het in 'n verklaring inwoners gemaan oor 'n "lakse" houding jeens die Covid-19 pandemie en die gepaardgaande voorkomingsmaatreëls.
Munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee sê daar is reeds tekens dat die infeksiekoers op Mosselbaai weer skerp toeneem.
Op Sondag, 20 September het die getal aktiewe gevalle op 76 gestaan, waarna dit stelselmatig afgeneem het tot 56. Op 30 September is slegs 39 aktiewe gevalle aangemeld. Maar, Giliomee sê gister, op 5 Oktober het dit verder toegeneem tot 63.
"Die Mosselbaai-munisipaliteit doen 'n dringende beroep op ons gemeenskap om ag te slaan op hierdie syfers. Deurgaans het Mosselbaai, naas George, die hoogste infeksiesyfers in die distrik gehandhaaf. Dit is nie 'n reputasie om op trots te wees nie."
Hy sê die virus het nie net mense se gesondheid belemmer nie, maar het amok gemaak met die dorp, die provinsie en die nasionale ekonomie.
"Plaaslik het tientalle inwoners hul werk, hul besighede en daarmee saam hul bestaansinkomste verloor. Die munisipaliteit, die plaaslike Besigheidskamer en individuele sakelui werk uitermate hard om wat oor is van die ekonomie te red en nuwe lewe daarin te blaas."
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'