MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai spog met 'n nuwe ATKV-tak wat hulle spesifiek op die jeug gaan toespits. Die nuutgestigte See-Uitsig-tak het in Desember 2020 sy beslag gevind.
'n Dinamiese span jongmense is aan die stuur van sake en jeugontwikkeling is hul primêre fokus veral wat die kunste betref.
"Ons grootste uitdaging is om die Afrikaanse taal en kultuur weer waarde te gee onder ons jongmense. Een van die mees belangrike fokuspunte is ons leesprogram. Ons wil dit veral na laerskool neem waar ons 'n liefde vir lees wil aanwakker," sê Kappie Kapp, 'n segsman vir die tak.
Volgens hom is daar nog talle projekte in die pyplyn en wil die tak ook, juis as gevolg van die Covid-19-pandemie in die volgende maande aktief bemark om op die been te kom.
"Ons tak is oop vir almal wat lief is vir die Afrikaanse kuns en kultuur."
Vir meer inligting oor hoe om in te skakel, kontak Kappie Kapp (071 604 8355).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'