Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Mosselbaaier het verlede jaar op 26 Maart geskiedenis in Suid-Afrika gemaak toe hy die grootste Atlantic Gaint Pumpkin-variëteit in sy tuin gekweek het.
Willem le Grange werk as 'n plaasbestuurder in die Ruiterbos-omgewing en het met Tornado, soos die pampoen gedoop is, as die kampioenpampoen tydens die Heidelberg Pampoenfees gekroon wat die skaal op 867,5kg getrek en twee rekords laat spat het.
Met vier sade vir $40 uit die VSA ingevoer was sy grootste pampoen, nie net in Suid-Afrika nie, maar in die Suidelike Halfrond die grootste pampoen.
Die beskeie Le Grange het 20 dae voor die kompetisie op 7 Maart aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hy vier pampoene in die tuin groei.
"Die oes is moontlik nie so groot soos verlede jaar nie, maar hulle groei nog en mens weet nooit," sê hy.
Hy het van die sade uit Pretoria by 'n ander kweker gekry en het maar gesukkel met die elemente. Sy liefde vir plante het in sy kinderjare begin toe sy ouers op 'n plaas buite Lydenburg geboer het.
VIDEO: Willem se pampoene weer voor in die koor
Om hierdie sprokiesagtige koetspampoene te kweek, behels veel meer toewyding as bloot net 'n gaatjie in die grond grawe, die saadjie insit, toemaak en water gee.
"Hulle verg meer aandag as 'n vrou," sê Le Grange laggend. Na-ure en in sy vrye tyd staan hy vroeg op en versorg die pampoene. Vir hom is die kweek van die pampoene 'n stokperdjie op die klein stukkie grond op die plaas.
Met die kompetisie om die draai staan Mosselbaaiers weer sterk agter hom en hoop al die harde werk bring weer sukses in die kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'