MOSSELBAAI NUUS - Padwaardigheid van voertuie is kernbelangrik, waarsku die hoof van provinsiale verkeersdienste in Mosselbaai, mev Reinet Sarikakis.
Sy sê dis opmerklik dat selfs nuwe voertuie se ligte, onder meer remligte, soms faal en raai motoriste aan om vervangende gloeilampies en sekerings byderhand te hou om 'n probleem vinnig te herstel.
"Met die komende skoolvakansie, langnaweke en vakansiedae op hande, word motoriste vriendelik, dog dringend versoek om seker te maak dat hul voertuie padwaardig is.
"By padblokkades sal motoriste gevra word om hul bestuurderslisensie te toon en sal voertuie se padwaardigheid nagegaan word. Toeters en reënveërs, onder meer, sal ook nagegaan word."
Voorkombare probleme
"Moenie dat voorkombare probleme tot boetes lei nie. Die loopvlak aan die binnekant van die motor se bande moet nagegaan word. 'n Geldige bestuurslisensie moet vertoon kan word, en gesertifiseerde afskrifte van lisensies deug nie," waarsku mev Sarikakis.
Die oplettendheid van provinsiale verkeerspersoneel het in die verlede wanneer voertuie deursoek is juis bygedra om misdadige optrede, soos die vervoer van onwettige middels soos dwelms, te bekamp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'