Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se beheerliggaam, in samewerking met die departement van basiese onderwys en openbare werke, het 'n rits opknappings en verbeteringe by die skool aangebring in 2021.
Alle badkamers vir graad 4- tot graad 7-leerders, is tot hotelstandaard opgeknap.
Alle vensterrame in die skool is herseël en nuwe handrelings is op die terrein aangebring. Al die skool se elektrisiteitverdelingsborde is nagegaan en ook opgegradeer.
Die hooftoegangsdeure is toegerus met nood-beheermeganismes en alle nooduitgang-rigtingaanduiders is ook vervang. Ook die graad R-opslaanklasse het 'n nuwe baadjie gekry met die herseël, met nuwe cladding, wat die voorkoms heeltemal verander.
Fotogalery: Opknappings en verbeteringe by Laerskool Park
As deel van die skool se waterbesparingsprojek is daar vyf nuwe watertenks aangekoop. Dit word op strategiese plekke op die skoolterrein geplaas om te help met die instandhouding van die tuine en grasperke van die skool.Alle badkamers vir graad 4- tot graad 7-leerders, is tot hotelstandaard opgeknap.
Daar word beplan om jaarliks nuwe tenks aan te koop om die skool se selfonderhoudende netwerk nog verder uit te brei.
Algemene instandhouding word deurentyd by Laerskool Park gedoen en groot nuwe projekte word beplan vir die toekoms.
As deel van die skool se waterbesparingsprojek is daar vyf nuwe watertenks aangekoop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'