MOSSELBAAI NUUS - 'n Vragmotor het vanoggend, 24 Januarie, op die middelman op die N2 oorkant Island View vasgesit.
Die omstandighede van die voorval is nie bekend nie maar die vermoede bestaan dat die vragmotorbestuurder 'n U-draai wou maak.
Plaaslike wegsleepdienste het die vragmotor wat met sy voorkant in die vinnige baan gestaan het, uit die verknorsing gehelp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'