Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Van die mees bekende gesigte in die uitsaaiwese, hetsy hulle geassosieer word met televisienuus, dramareekse, Afrikaanse films of 'n gewilde kinderprogram soos die eertydse Haas Das, is vandeesweek in Mosselbaai gewaar terwyl hulle besig was om 'n bemarkingsvideo te maak.
Diegene wat graag vroegoggend 'n koppie koffie gaan geniet by die Punt was tog te verras toe hulle spreekwoordelike gesig van Afrikaanse televisienuusbulletins, Riaan Cruywagen, by Delfino's Restaurant raakgeloop het. Cruywagen het saam met die veteraan-akteurspaar, Lida en Johan Botha, wat ook aan die video-opname deelgeneem het, aan tafel gesit en ongestoord aan 'n koppie filterkoffie geteug terwyl hy deur sy teks gegaan het.
Verfilming is behartig deur die gesoute filmmaker en regisseur, Koos Roets.
Die video-opname het ten doel gehad om 'n aftree- en leefstyloord in Danabaai te bemark, máár meen Willie Smith, van die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, die fokus is eintlik op die bemarking van Mosselbaai in sy geheel.
Tydens verfilming is daar gefokus op verskillende unieke aspekte van Mosselbaai, soos onder meer dat die dorp binne tien jaar, twee keer benoem is as Suid-Afrika se dorp van die jaar.
Daar is tydens verfilming besoek afgelê by gesondheids-, sport- en vermaaklikheidsfasiliteite in die dorp.
Tydens verfilming is daar gefokus op verskillende unieke aspekte van Mosselbaai, soos onder meer dat die dorp binne tien jaar, twee keer benoem is as Suid-Afrika se dorp van die jaar.
Inwoners van die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde het saam rondgerits tydens verfilming en was deel van die ekstras in die video-opname wat hulle onder meer besig gehou het met speletjies, handwerk, Bybelstudie en dies meer.
Kyk 'n video hieronder:
Die Bothas, wat al bykans 50 jaar saam as akteurs in die verhoog- en filmbedryf werk, het hulle meesterlik van hulle taak gekwyt as 'n bejaarde paartjie aan wie die fasiliteite in Mosselbaai bekendgestel word.
Cruywagen het voor verfilming die aftree- en leefstyloord se fasiliteite besoek voordat hy besluit het om dit te onderskryf. "Ek leen nie graag my naam of my persona tot iets waarin ek nie glo nie, maar ek is so beïndruk met hierdie oorde, dat ek nie geskroom het om in te willig om as 'n soort handelsmerkambassadeur vir hulle op te tree nie," het hy aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Die Bothas, wat al bykans 50 jaar saam as akteurs in die verhoog- en filmbedryf werk, het hulle meesterlik van hulle taak gekwyt as 'n bejaarde paartjie aan wie die fasiliteite in Mosselbaai bekendgestel word. Foto's: Cornelle Carstens
Lees 'n vorige artikel hier: Bekendes bemark Mosselbaai as aftree-bestemming
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'