MOSSELBAAI NUUS - 'n Girls Only-program is gedurende die pas afgelope skoolvakansie vir jong meisies, vanaf graad 6-8 by die AGS Kerk in D'Almeida aangebied.
Kinders van verskillende skole insluitend Diaz Primêr en Garden Route Primêr is betrek. Die doel van hierdie program was om jong meisies te bemagtig. Elke dag is ‘n ander tema behandel wat deur verskillende fasiliteerders aangbied is.
Op die eerste dag, is die tema I am more than... bespreek, wat insluit selfbeeld, groepsdruk en innerlike skoonheid. Fotograaf Donovan Poole het as deel van hierdie tema, ‘n fotosessie met die meisies gehad.
Die gevolge van alkohol- en dwelmmisbruik is die volgende dag behandel onder die tema My body the temple of Christ. Voor huwelikse seks en die Bybel is bespreek, waarna 'n selfverdigingsessie aangebied is. Op dag drie, is die tema If I believe, I can achieve, aangebied waartydens die meisies aangemoedig is om hulle drome na te jaag ongeag hulle omstandighede.
Die meisies het die program geniet en baie baat daarby gevind.
Hierdie groep meisies het 'n besonderse tydjie gedurende die skoolvakanie beleef toe hulle 'n bemagtigingsprogram bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'