Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Dias Museum het oor die naweek ‘n unieke uitstalling gehou wat die mariene lewe van verskeie vissoorte, skulpdiere en ander plaaslike en oorsese spesies insluit.
Arno Munro, senior kommunikasiebeampte by die departement omgewingsake, bosbou en visserye (DEFF) het die items wat uitgestal word oor 'n tydperk van 33 jaar versamel.
Verskeie van die items is van papierpap gemaak om vir toeriste, skole en belangstellendes die unieke mariene stelsel uit te beeld wat nie sommer geredelik te siene is nie.
Die uitstalling het tot Dinsdag, 8 Junie, ook Wêreld Oseanedag, geduur. Munro het as jong werknemer by die departement gevra om in die kommunikasie-afdeling te werk. Deur die jare het deur die jare sy kunstige hande en bree kennis gebruik die marine lewe visueel aan die publiek bekend te stel. Verskeie van die artikels in die versameling is oorspronklike voorbeelde van skulpdiere en selfs eiers en voedsel van sekere spesies wat gepreserveer is. Visreplikas en verskeie ander diersoorte het hy dan sorgvuldig met papierpap en volgens die oorspronklike kleure geskep.
Hy is ook in 2017 deur die departement na China gestuur om 'n uitstalling by die Fishex in Guangxhou, waar ongeveer 3 000 uitstallers in die visbedryf elke jaar uitstal, aan te bied.
Suid-Afrika se uitstalling is drie jaar in 'n ry in 2017, 2018 en 2019 as die beste uitstalling gekroon.
In 2020 is die uitstalling gekanselleer as gevolg van Covid-19.
Met Munro se kunstalent skort daar niks. Hy gebruik innoverende tegnieke om sy besoekers baie aspekte van die oseaan te laat ervaar.
Vorige artikel: Unieke uitstalling by Dias Museum
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'