ALBERTINIA NUUS - ‘n Tromp-op botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bakkie op die N2 net buite Albertinia gisteraand omstreeks 21:50 het die lewens van drie mense geëis. Die erg beseerde bestuurder van die vragmotor is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Die oorledenes, twee vroue en ‘n man, was insittendes in die bakkie.
Dis nie bekend of die oorledenes plaaslike inwoners uit die Hessequa-streek is nie aangesien daar geen identitietsdokumente op die toneel gevind kon word nie.
Die polisie is steeds besig om die ongelukstoneel op te ruim en die pad tussen Albertinia en Mosselbaai sal nog vir ‘n wyle gesluit wees.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'