MOSSELBAAI NUUSFLITS - Nooddienswerkers is by 'n ongelukstoneel op die N2 by die Hartenbos-afrit waar 'n taxi met 'n voertuig wat padwerkers vervoer het, gebots het.
Na wat verneem word, is die pad steeds oop vir verkeer nadat omstanders gehelp het om die ryvlakke op te ruim.
Daar was na raming 5 persone in die taxi, en ten minste 4 padwerkers by die ongeluk betrokke.
Die presiese aard van hul beserings is nie bekend nie, hoewel ooggetuies bevestig het dat niemand in die ongeluk oorlede is nie.
Motoriste word gemaan om uiters versigtig te bestuur en nie op die skouer van die pad af te trek om by die ongelukstoneel te stop nie.
Op die ongelukstoneel.
'n Taxi het met 'n voertuig gebots. Foto's: Nico van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'