Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Dis Oktobermaand, volgens Afrikaanse digter, Louis Leipoldt die mooiste, mooiste maand, amper so mooi soos 'n bruid.
Die Covid-19-inperking het heelwat paartjies se trouplanne deurmekaargekrap en ter viering van die die groter vryheid van die inperkingsmaatreëls wat meer en meer paartjies toelaat om af te haak, is die "kansel" op Marshstraat se sypaadjie uitgedra.
Saterdag, 24 Oktober het motoriste wat om die Punt gery het saam met genooide gaste, 'n kykie gekry toe pragtige bruide met hulle gevolg aan 'n bruidskou op die sypaadjie voor die Monroe Teater deelgeneem het.
Al was daar nou nie 'n dominee nie, is daar darem al te lekker aan die troukoek gesmul.
Plaaslike modelle het aan die geleentheid deelgeneem.
Verkeer het beslis stadiger beweeg sodat motoriste na die pragtige bruide kon kyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'