GROOT BRAKRIVIER NUUS - Hondegevegte by die vullisstortingsterrein in Groot-Brakrivier maak dit problematies vir publieke gebruik.
Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Nickey le Roux, is dit tans onseker of die hondegevegte wat daar voorkom onwettige hondegevegte is, en of dit net honde is wat daar met mekaar baklei het.
“Die probleem het sy oorsprong by diegene wat kos of aalmoese uitdeel aan heemloses by die stortingsterrein. Aanvanklik was daar een of twee heemloses wat 'n klein inkomste gemaak het uit fooitjies wanneer hulle help om vullis van voertuie af te laai. Sedertdien het die aantal heemloses aangegroei. Dit wil nou voorkom asof die mense nou onder mekaar baklei en hul honde inspan in die gevegte om hul 'regte' op die inkomste wat hulle daar maak, te beskerm.”
Le Roux het versoek dat diegene wat graag 'n bydrae wil maak, hul welwillendheidbydraes aan erkende, wettig-geregistreerde organisasies moet gee.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'