MOSSELBAAI NUUS - Goeie speurwerk deur sersant Vusi Ndala van die ondersoekeenheid van die KwaNonqaba-polisie het tot 'n sterk vonnis op 4 Augustus in die Mosselbaai-Streekhof gelei.
Die polisie het ondersoek ingestel na 'n huisroof wat op 2 Oktober 2017 plaasgevind het by 'n woning op die Korrektiewe Dienste in Mosselbaai se terrein.
Die verdagte het die slagoffer buite die huis ingewag. Sy is met die vuis aangerand en met 'n gebreekte bottelkop gesteek.
Die beskuldigde, Bronwin Minnies, alias Tand is later op die toneel arresteer. Hy is in die streekhof 12 jaar direkte gevangenisstraf opgelê. Die bevelvoerder van die KwaNonqaba ondersoekeenheid, kapt Ashleigh Michaels het sers Ndala geloof vir die uitstekende ondersoekwerk wat nie net tot die arrestasie nie, maar ook tot 'n skuldigbevinding gelei het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'