Video
KLEIN BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Die sleepwa van ‘n vragmotor wat boomstompe vervoer het gisteraand, 28 Oktober, by die afrit na Klein-Brakrivier omgeslaan.
Inwoners van Riverside sê hulle het om ongeveer 22:45 ‘n harde slag gehoor.
Volgens die bestuurder van die vragmotor was hy op die N2 in die rigting van George onderweg, toe hy beheer oor die sleepwa verloor het.
Die bestuurder sê hy het in die rigting van die afrit beweeg in ‘n poging om die sleepwa te stabiliseer.
Die sleepwa het egter omgeslaan en dennestompe het die pad versper.
Die Groot-Brakrivier-polisie, provinsiale verkeer en Mosselbaai Brand en Redding was vinnig op die toneel.
Inwoners van Powertown en Riverside het gehelp om die stompe te verwyder.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'