MOSSELBAAI NUUS - In Mei 2019, stel Jopie Coetzee van Mosselbaai, die eerste Paasroman in Afrikaans sedert die verskyning van FA Venter se Man van Cirene (1957), bekend.
Die enigste ander soortgelyke boek aan sy Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure, is CJ Langenhoven se Hertzogpryswenner, Skaduwees van Nasaret (1927).
Sedert die boek se bekendstellling, het lesers van Christelike fiksie gereelde besoekers op Coetzee se facebookblad geword en gegroei tot ‘n gemeenskap van ongeveer 2000 lede. “Oor tyd, het ‘n wedersydse vertrouensband hier ontstaan.”
‘n Behoefte onder hierdie groep en veral die uitdagings wat die grendeltydperk vir geloofsgemeenskappe bied, het Coetzee gemotiveer om ter voorbeiding van Paasnaweek, ‘n “boekvoorlesing” op sy facebookblad te hou.
“In elk van die 9 dae voor Paassondag, bied ek ‘n uittreksel uit een van die hoofstukke, met ‘n onderliggende muse en tersaaklike kreatiewe skryfproses. Met tyd op hande bied ek oordenking, leesgenot en interaksie op sosiale media, dus, 'n ontmoeting van sielsgenote, vir almal wat deur my boek aangeraak voel. Wat meer kan 'n skrywer vra?”
Die inleiding is op Vrydag, 3 April aangebied. Daarna elke dag vanaf Saterdag 4 April tot Opstandingsondag, 12 April, kan belangstellendes die blad, https://www.facebook.com/jopie.coetzee.1, volg ter voorbereiding vir Paasnaweek.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'