MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier Curt Baker is weer aan die gang met sy jaarlikse verjaarsdagprojek waartydens hy skoolskoene insamel vir leerders wat behoefte het.
Dit is nou die sesde keer wat hy hierdie projek aanpak.
"Ek samel vir die afgelope vyf jaar skoolskoene in vir minderbevoorregte kinders in omdat skoolskoene al so duur geword het.
"Ek glo dat elke kind op sy eerste skooldag 'n ordentlike paar skoolskoene moet hê."
Curt span sosiale media in om mense te werf om deel te neem aan sy projek, asook sy familie en vriende in Mosselbaai.
Sedert hy met die projek begin het, het hy al 200 leerders gehelp om skooluniforms en -skoene in die hande te kry.
Die insamelingsprojek het op 16 November begin en loop op 16 Januarie ten einde.
"Dit is ook gekoppel aan my verjaarsdag, omdat ek hierdeur vreugde wil bring in leerders se lewens."
Skoengroottes wat benodig word, is 1, 2 en 13. Aflewerings kan gedoen word by Dial Brandstraat 34, Uitbreiding 6.
Vir meer inligting, kontak Pam (073 412 9604). "Ek poog om 100 paar skoolskoene teen 16 Januarie in te samel."
Curt is tans die handelsmerk-bestuurder van Kuier-tydskrif.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'