MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras se gemiddelde slaagsyfer het gestyg vanaf verlede jaar se uitslae en is vanjaar 77,8%. Universiteitstoelating is toegeken aan 43 leerders.
Die skool se top drie presteerders is Riche Steyn (79,3%///), Courtney Tarentaal (78,7%) en Davene Anderson (71,5 %).
Tien leerders het 7's behaal. Davene Anderson (Afrikaans en Engels) Caitlin Botha, Anniel Groenewald, Curwin Hendricks, Garron Theunissen (Wiskundige Geletteredheid), Michelle Prince en Amber Samuels (Geskiedenis) Zipohozethu Sibeko (Engels), Riche Steyn (Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering en Lewenswetenskap), Courtney Tarentaal (Engels en Lewensoriëntering)
Fotogalery: Sao Bras 2019 matriekuitslae
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'