GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Rukwinde van tot 60km per uur het die Groot-Brakrivier gebied gisteraand getref.
Mosselbaai munisipale woordvoerder, Nickey le Roux sê by die Greenhaven stadion het ‘n dakplaat losgekom, maar dit het nie afgewaai nie.
“Enkele dakplate van privaatwonings het los gegaan, maar niks is gerapporteer as afgewaai nie.”
‘n Sonnige dag word vandag voorspel met ‘n maksimum temperatuur van 23 grade celsius.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'