Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Hoewel hulle reeds etlike maande woeker om die behoefte aan dierekos in Sonskynvallei aan te spreek, is Project Blessing verlede Donderdag, 11 Maart eers amptelik bekendgestel.
Anton Siebert, sy vriendin, Michelle Smit en Jenine Herbst is die stukrag agter hierdie projek.
Siebert, 'n opvoeder by Diaz Primêre Skool en tweede prins in die Mnr Suid-Afrika-kompetisie 2020, het verduidelik dat die projek so uitgebrei het, dat daar ook ander behoeftes aangespreek kan word.
Siebert het by wyse van die vertoon van etlike foto's, bewys gelewer oor waarmee Project Blessing hulle bemoei.
Hy het ook weer uitgestip dat die fokus van die projek daarop gerig is om kinders deur middel van die sorg vir diere, te leer om sorgsame, liefdevolle lede van hulle gemeenskappe en die groter samelewing te word.
Raadsheer Cliffie Bayman, uitvoerende onderburgemeester het Siebert en sy span met hulle werk gelukgewens.
Hy het daarna verwys dat Project Blessing mooi inskakel by die munisipaliteit se nuwe veldtog, MAD oftewel Make A Difference.
Gelukstrekkings is tydens die geleentheid gedoen en aantreklike pryse is uitgedeel.
Anton Siebert saam met raadsheer Cliffie Bayman, uitvoerende onderburgemeester van Mosselbaai. Foto: Cornelle Carstens
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'