Update
MOSSELBAAI NUUS - Anton Siebert, tweede prins in die Mnr Suid-Afrika-kompetisie 2021, het hierdie naweek danksy die gemeenskap se ondersteuning, meer as ‘n 100kg honde- en katkos ingesamel.
Siebert het Saterdag, 19 Februarie sy gebordge Haval-bakkie by die Hartenbos Seefront staangemaak en skenkings ingesamel.
Hy, sy vriendin Michelle Smit en Jenine Herbst is betrokke by ‘n projek, genaamd Project Blessing in Sonskynvallei waarvolgens hulle dierekos insamel vir behoeftige gesinne.
LEES MEER: Maak Mnr SA-prins se bakkie vol vir Brakkies
Siebert berig ook dat hulle na Saterdag se insameling, komberse en kussings ontvang het wat aangewend sal word vir nog een van sy projekte by ‘n ouetehuis. Beddegoed vir diere is ook ontvang.
Foto’s: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'