MOSSELBAAI NUUS - Vir party mense was sy Prez, vir haar kinders ma en vir ander sóós 'n ma, 'n vrou met 'n hart van goud en 'n eggenoot wat die lewensreis iets gemaak het om te onthou.
Louise van der Merwe (45) is op Saterdag, 24 Februarie, in 'n motorfietsongeluk op die R102 oorlede. Die Da Gamaskop polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Huldeblyke vir Van der Merwe het ingestroom sedert haar afsterwe. Sy was die president van die Clan - Velika Charter motorfietsklub en laat vir seker 'n leemte in die motorfietsryergemeenskap.
Haar man, Shaun, sê sy was "my partner in crime en liefde van my lewe". Hy wens sy kon sien hoeveel mense daar is om haar te groet.
"Ek weet nie of jy altyd besef het hoeveel ander om jou jou waardeer het nie."
Maar daar is 'n paar dinge wat hy vir seker weet. Sy was 'n mense mens, wat gegee het sonder om terug te verwag. Sy was 'n sakevrou; gedrewe en met soveel deursettingsvermoë.
Die lewenslesse wat sy geleer het, het haar kennis en liefde gegee om met ander te deel. Sy was 'n staatmaker en daar om te luister as jy dit nodig gehad het.
"Jy was 'n queen - besig om ander vroue te help om hulle krone reg op te sit.
"Ons het deur die wêreld gereis, plekke gesien, mense leer ken, maar jy is en sal altyd my huis bly. Ons reise saam sal altyd by my bly. Nie net ons reise deur verre lande nie, maar ons lewensreis saam.
"Dankie vir die ma wat jy vir ons kinders was.
"Die vriendin wat jy vir ander was. Dankie vir die vrou en lewensmaat wat jy vir my was - jy was my rockstar met wille krulle en die mooiste glimlag."
Een van 'n tweeling
Louise se suster, Daleen Grobler, vertel sy was deel van 'n tweeling - teen die tyd van dié tweetjies se geboorte was die Roets-gesin reeds sewe kinders, maar hulle kon nie wag vir die volgende twee nie. Sy onthou haar van kleintyd as een met nie te veel nukke nie, maar beslis met 'n wil van haar eie. En, vir níks bang.
"Ons groet, tot ons weer sien, liefkind."
Louise en haar susters.
Alle vriende, familie en motorfietsryers word genooi om more, 2 Maart, om 09:30 by De Bakke saam te kom vir 'n massa-motorfietsrit tot by New Life Church Heiderand waar haar roudiens sal plaasvind.
Louise se dogter, Elouise en seun, Shaun, het die volgende boodskappe vir hulle geliefde ma:
Elouise
My Mollie vandag sit ek hier in jou huis stilte om my vir die eerste keer ek moes kop hou want dis wat mamma van my verwag ek moes sterk staan vir pappa en boetie en moes seker maak jou laaste wense word waar.
My woorde is min maar my hart is nou minder want ek is verdwaal sonder jou. Ek moes besluite maak en het gesukkel want mamma jy het altyd seker gemaak die regte besluite is gemaak...
Ek belowe om jou naam te verkondig waar ek gaan en te sê watse wonderlike mamma jy is want God het my geseën met net die beste. Hy het regtig sy mooiste engel vir my geleen...
Ek jou liggaam groet maar ek weet jou gees sal altyd by my wees en sal nogsteeds my help met besluite wat ek moet maak...
My mamma, my mollie, ek vra asb gaan ry op daai goue pad met jou goue vlerke en dans tot ons weer sien en onthou om ons tafel reg te hou want ons gaan so biekie laat wees ... I love you more than words will ever say, Mollie
Jou Blabsie, Liesbet
Louise en Elouise.
Shaun
My Ouvrou, my beautiful angel mommy, my first love in life.
I don’t have the words for this. Without you life will not be the same. As I sit here flying home today, I feel mom, my eyes sees mom and my heart misses mom.
As mom once sung to me, “you are my sunshine” today I sit and sing to mom “you are my sunshine, my only sunshine, you make me happy when skies are grey, you’ll never know mom how much I love you, please don’t take my sunshine away”
I will lift your name up high, until the day that I meet you again in Heaven. I know you are safe and sound with God and the most beautiful Angel amongst all of them.
Mom, you were always my role model, taught me so many things even though I put you through the worst, you, my mom, were always protecting and loving me with unconditional love.
I still need you, my heart is in pieces. My words are very limited but I love you forever and always.
May God keep you safe and sound. Fly high my Angel mom. You are and will always be everything to me.
Louise en Shaun.
Vorige artikel:
Motorcyclist who died in accident named
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’