MOSSELBAAI NUUS - Lede van die KwaNonqaba-polisie het op Moedersdag, 14 Mei, hul buurvrou by die stasie trakteer met 'n geskenkie, wat hulle aan haar oorhandig het.
Elizabeth Kanana bly oorkant die polisiestasie in Mayixhalestraat en sy bederf gereeld die nagskoflede van C-skof met sop en broodjies.
Kanana is nie betrokke by 'n sopkombuis nie en en dis 'n liefdestaak wat sy verrig.
Vir die Kwa-lede was 'n groot eer om haar verál op dié dag spesiaal te laat voel en te bedank vir haar goedhartigheid.
Die stasie is op gepaste wyse vir Elizabeth opgetooi om hul dankbaarheid teenoor haar te bewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’