MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat na Mosselbaai onderweg was en betrokke is by vermoedelike renosterstropery is vanoggend op Beaufort-Wes in hegtenis geneem.
Die verdagte is deur die polisie om 06:00 voorgekeer.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Malcolm Pojie sê die polisie het die Toyota Hilux bakkie van die pad afgetrek en die voertuig deursoek.
Met die deursoeking is beslag gelê op sewe patrone, wat gewoonlik vir jag gebruik word. Daar is ook beslag gelê op ‘n vuurwapen.
Pojie sê die verdagte is in hegtenis geneem en word aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen- en ammunisie. “Nog inligting word opgevolg en daar sal moontlik nog persone in hegtenis geneem word.”
Hierdie vuurwapen is vermoedelik tuisgemaak en is ook in die voertuig gevind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'