MOSSELBAAI NUUS - Die eerste lid van die Mosselbaai-munisipaliteit se K9-eenheid, Mufasa, ‘n Belgiese Malinois en sy hanteerder, James Gerber van die munisipale wetstoepassingsafdeling, het lede van die polisie se seegrenseenheid gistermiddag op 15 Februarie bygestaan in die Diasstrand-omgewing waar ‘n groep mans met perlemoen aangetref is.
Die polisie het op die perlemoen beslag gelê.
Die munisipaliteit se K9-eenheid is deel van ‘n uitgebreide plan om gemeenskapsveiligheid te versterk.
Mufasa is as ‘n skenking aan die munisipaliteit ontvang en het reeds einde 2022 met sy opleiding begin. Gerber en Mufasa was gedurende die feestyd by verskeie wetstoepassingsaksies betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'