Binne die gebou het die misdadigers die alarm gedeaktiveer, veiligheidskameras gebreek, deurgebreek na 'n kantoor, 'n veiligheidsdeur oopgeforseer en die kluise oopgebreek, voordat hulle met onder meer kontant en sigarette ontvlug het.
Tydens die Mossel Bay Advertiser se besoek aan die sakeperseel op Dinsdagoggend, het eienaar Mike Fourie gesê die besigheid het alle veiligheidsmaatreëls moontlik getref ter wille van beveiliging.
Tog het die booswigte daarin geslaag om met nagenoeg R103 000 se kontant en produkte te ontvlug.
"Ons kla reeds 'n geruime tyd oor die beboste gebied direk agter die besighede in Danabaai. Dis duidelik 'n risiko vanwaar besighede dopgehou word," berig mnr Fourie.
Die inbraak het tussen 24:00 en 03:00 op Maandagnag plaasgevind.
"Ek is veral dankbaar vir die bevelvoerder van die Da Gamaskop SAPD gebied, Brig Gerhard Jantjies, se persoonlike belangstelling in die hantering van hierdie saak. Ek het vertroue dat sy betrokkenheid sal verseker dat die misdadigers gou aan die pen sal ry," het mnr Fourie bygevoeg.

Die booswigte het toerusting gebruik om die kluise in die winkel oop te maak en het met 'n groot bedrag kontant weggekom.
Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'