Gelei deur Mosselbaai raadslede van beide die Demokratiese Alliansie en die African Christian Democratic Party en ‘n plaaslike koperblaasorkes, het die vrolike optog deur die strate van Sonskynvallei gevorder tot by die gemeenskapsaal.
Burgemeesterskomiteelid Raadslid Venolea Fortuin het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om verantwoordelikheid vir mekaar se veiligheid te neem. Tereg, sê sy, lui die spreekwoord: “It takes a village to raise a child.” Die hele gemeenskap is daarom verantwoordelik om om te sien na die veiligheid en welstand van nie net kinders nie, maar van almal wat in Sonskynvallei woon.