Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Mosselbaai en omgewing, asook nuwe intrekkers is dit eens dat die streek oor van die mooiste kusdorpe in die land beskik.
Regulasies gedurende die nasionale inperking, het baie mens ontneem van die rustigheid van die natuur en om die seelewe te geniet.
Met die vooruitsig dat vlak 3 van die nasionale inperking teen die einde van Mei in werking mag tree, sien baie inwoners weer uit daarna om die rustigheid wat die skoonheid van ons omgewing bied, te kan ervaar.
Dis sekerlik 'n uitgemaakte saak dat inwoners geleenthede gaan geniet soos die drie-ure wat tydens die Vlak 4 regulasie hulle toegelaat het om tussen 06:00 en 09:00 die buitelewe te geniet.
'n Ongekende opkoms van stappers, drawwers en fietsryers het die geleentheid aangegryp en kon mens sien dat, behalwe vir die feit dat die konsentrasie van mense in 'n drie ure tydperk moes plaasvind, heelwat mense die geleentheid aangegryp het wat normaalweg nooit in die oggend so 'n buitelug uitstappie sou aanpak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'