Projek van miljoene Rand
Die projek behels siviele dienste aan 154 erwe teen 'n projekwaarde van bykans R7.5-miljoen. Die huise wat uiteindelik ingevolge die jongste standaarde op hierdie erwe opgerig sal word, sal teen 'n projekwaarde van sowat R16.8-miljoen gebou word.
Op Maandag, 19 Januarie het die kontrakteurs met opmetings begin sodat die eerste grondwerke reeds op 26 Januarie kan volg. Die beplanning is dat die siviele dienste sowat 10 maande sal duur. In hierdie tyd sal 'n tender vir die bou van die huise uitgereik word sodat die bou van die huise, wat uit 40 vierkante meter strukture sal bestaan, kan volg.
Na verwagting sal die projek in 2016 voltooi word. Die onderskeie kontrakteurs sal met hierdie projek verskeie werksgeleenthede in die gemeenskap skep.