MOSSELBAAI NUUS - Geliefde Paarlse skrywer Petro Gordon is die samesteller van 'n pragboek, Hier's my hart, Pa wat deur Naledi uitgegee word.
Die boek, waarin 100 mense se briewe aan hulle pa's verskyn, word ook eersdaags in Mosselbaai bekendgestel.
Die boekbekendstelling word deur die nuutgestigte ATKV See-Uitsig-tak, wat ook van die geleentheid sal gebruik maak om die tak amptelik bekend te stel, aangebied.
Belangstellendes kan op 29 Mei tussen 10:00 en 12:00 die bekendstelling by die Langeberg Mall bywoon.
"Ons is baie opgewonde om hierdie geleentheid aan te bied. Dit gaan 'n prag-geleentheid wees, ingekleur met sangitems en voorlesings," vertel die takvoorsitter, Kappie Kapp.
Vir enige navrae, kontak Kapp (071 604 8355).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'