MOSSELBAAI NUUS - 'n Motoris het gisteraand teen 'n muur duskant die Life Bayview Hospitaal gebots nadat die persoon van polisiebeamptes probeer wegjaag het.
Die bestuurder het na wat verneem word nie die aandklokreël nagekom nie en tydens die voorval beheer oor die voertuig verloor.
Die voorval word deur die Mosselbaai-polisiestasie ondersoek.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'