MOSSELBAAI NUUS – Mosselbaai nooddienste is om 19:50 na nóg ‘n motorfietsongeluk op Louis Fourieweg.
Die ongeluk het sowat 100m van Mayixhalestraat plaasgevind.
Die motorfietsryer, ‘n 66-jarige inwoner van Danabaai, is op die toneel dood verklaar.
Ambulansdienste en die polisie is tans nog op die toneel.
Sersant Kappie Kapp, woordvoerder van die Polisie het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag geopen is.
Hierdie ongeluk volg op ‘n ander ongeluk ongeveer 18:00 op die hoek van Louis Fourieweg en Mosselstraat tussen ‘n voertuig en 'n motorfiets.
Dié motorfietsryer is lig beseer.
Enige ooggetuie van die ongeluk om 19:50 kan sersant Thurston Amsterdam kontak. (044 606 2850).
Verwante artikel: Motorfiets en voertuig bots
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’