Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit waarsku teen sterk wind namate berigte van windskade ontvang word.
Dankie aan spanne van die munisipale verkeersdepartement en brandbestryders van die Mosselbaai-munisipaliteit se Brand-, Reddings- en Rampbestuur wat tans verskeie voorvalle hanteer.
Die wind het bome omgewaai in onder meer Herbertsdale, Friemersheim, in Hartenbos en in Voorbaai.
Foto's: Sterk winde in Mosselbaai
- In Herbertsdale moes die noodspanne van die Mosselbaai Brand-, Redding- en Rampbestuur bome wat die pad versper het uit twee paaie verwyder.
- In Friemersheim het twee bome omgewaai en in die munisipale werf is elektrisiteitskabels beskadig.
- In Hartenbos by die Spar is 'n motorvoertuig beskadig deur 'n •boom en spanne moes ook aandag gee aan 'n voorval in Graaf Reinettstraat.
- In Voorbaai verwyder die spanne 'n boom wat 'n pad versper.
- In die Robinsonpas het provinsiale verkeersbeamptes die hindernisse verwyder.
Volgens aanduidings is nog 'n sterker wind later vanmiddag te wagte.
Geen paaie is tans ontoeganklik nie, maar motoriste moet versigtig wees, asb.
Elektrisiteitsonderbrekings word ondervind in Riverside, Klein-Brakriver, Reebok, Tergniet en Groot-Brakrivier, en elektrisiëns werk tans om die probleme op te klaar.
Let op dat daar hoë oproepvolumes by die oproepsentrums ervaar word. Inwoners word gevra om geduldig te wees, alle oproepe sal aandag geniet. Indien moontlik, ander navrae wat nie met stormskade verband hou nie asseblief per e-pos na admin@mosselbay.gov.za.
Nog 'n boom op die R327 omgewaai. Mosselbaai brand en redding is besig om die boom te verwyder. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'