MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Mosselbaai-munisipaliteit se K9-eenheid bestaande uit McDonald Marais, Anthony Konstabel en Bongikaya Homba, het vandeesweek hul sertifikate ontvang vir die voltooiing van hul hondehanteerder-kursus tot Vlak 5. James Gerber en sy hond het reeds by 'n vorige geleentheid sy sertifikaat verwerf.
Die opleiding is deur Thys Kleyn en André le Roux van die Genesis K9-groep, gestasioneer in Pretoria, gedoen. Volgens Kleyn is die vier Belgiese herdershonde, Mufasa, Whisky, Debbie en Wendy tweedoelig opgelei en kan narkotika en perlemoen uitsnuffel, maar is ook opgelei om op bevel te jaag en te byt.
Die honde word oor 'n tydperk van vier maande opgelei. Die K9-eenheid is reeds die afgelope maand by verskeie wetstoepassingsoperasies ontplooi.
Thys Kleyn (Genesis K9-groep). raadslid Leon van Dyk, André le Roux (Genesis K9-groep) en Henry Williamson (hoof van Mosselbaai se Wetstoepassing) staan almal agter. Voor: McDonald Marais, Anthony Konstabel en sy Belgiese herdershond Whiskey, James Gerber en Bongikaya Homba. Fotos: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’