MOSSELBAAI NUUS - Raadsheer Dirk Kotzé, waarnemende uitvoerende burgemeester het verlede week op 4 Maart sy Honneurs-kwalifikasie in Openbare Bestuur ontvang.
Kotzé het aan die hand van hierdie prestasie, die toppresteerders uit die matriekklas van 2020 tydens ‘n merietetoekenningsfunksie op 8 Maart aangemoedig om hulle droom van verdere studie na te jaag, selfs al is dit eers later in hulle lewens haalbaar.
Kotzé se honneurskwalifikasie volg op verskeie kwalifikasies sedert 2013.
In 2013 het hy die Executive Leadership-sertifikaat deur die Universiteit Wes-Kaap verwerf.
Daarna het verskeie regsmodules deur die Nelson Mandela Metro-Universiteit en South African Local Government Association (SALGA) gevolg voordat hy eers die Municipal Minimum Competency (2018) en Middelvlakbestuurskursus (Universiteit Stellenbosch) aangepak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'