MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers het verskeie navrae aanlyn en telefonies aan die Mossel Bay Advertiser gerig, waarin hulle hul kommer uitspreek oor die besetting in plaaslike karavaanparke.
By navraag aan die Mosselbaai-munisipaliteit, is die volgende terugvoering ontvang.
“Mosselbaai-munisipaliteit implementeer streng die inperking ingevolge die nasionale ramptoestand. Die spesifieke regulasies wat op die inperking betrekking het, word afgewag.
In die lig hiervan het Mosselbaai-munisipaliteit aan die besture van die onderskeie woonwaparke in die groter Mosselbaai aanbeveel dat alle woonwaparke met die aanvang van die inperking ontruim sal word.
Die ATKV-bestuur het aangedui dat hul woonwaparke Donderdag, 26 Maart sal ontruim. Besoekers wat beplan het om die woonwaparke in Mosselbaai en die direkte omstreke vir die skoolvakansie en te besoek, word daarom versoek om hul planne te wysig,” berig munisipale woorvoerder Nickey le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'