MOSSELBAAI NUUS - Vir vyf leerders van Gouritsmond was dit seker 'n droom om eendag saam met die grootspan Oker Primêr in Albertinia toe te gaan.
Dit was jolig op die bus skool toe want almal het uitgesien na die nuwe skooljaar. Alles het goed gegaan terwyl die mamma's nog daar was, maar by sommige van die Graad R klasse was dit gou 'n tranedal toe die die nuwe leerders nie kon verstaan dat hulle moet agterbly toe hul ouers vertrek nie.
Die uitvoerende burgermeester, raadslid Grant Riddles, skoolhoof Koos Tarentaal en die kringbestuurder, Mias du Plessis vir Kring 1 het ook die skool besoek.
Burgemeester Riddles het met die leerders gesels en hul aangemoedig om skool by te woon en mooi te leer.
Mnr Mias du Plessis, Koos Tarentaal en burgemeester Grant Riddles saam met juffrou Ashley Tieties en haar graad R klas in Albertinia.
Denville Buis huil ontroosbaar toe sy mamma die klas verlaat.
Mecay George was glad nie gelukkig om in die klas agter te bly nie. Foto's: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'