GARDEN ROUTE | HESSEQUA NEWS - Did you listen to the president's state of the nation address last week?
We asked a couple of people in the Garden Route-Hessequa district if they listened to the address and what their input was regarding it:
RISKA DU PLESSIS, Mosselbaai: "Ek luister amper nooit na sulke goed nie. Dit maak my negatief. Ek probeer om goed te kyk wat my opbou."
RENALDO KIEWIET, Mosselbaai: "Ek het nie gekyk nie. Ek stel nie belang nie. Die land moet weer in stand kom, soos hy gewees het, sonder maskers en ons moenie gedwing word om 'n Covid-19-inspuiting te kry nie. Korrupsie moet eindig."
VADER CHASSLEY FREDERICKS, Heidelberg: “Ek was by 'n vergadering ten tye van die Staatsrede, maar het my later vergewis daarvan. Een van die beteres wat ek al gehoor het. Ek was bly oor die hoofpunte - misdaad en veral korrupsie het onder die kollig gekom. Daar's rede om positief te wees; dog ook skeptisime oor die vermoë om te implementeer. Mens bly bekommerd oor die regstelsel, asook die vermoë van die polisie om wet en orde behoorlik toe te pas.”
PAT ESAU, Heidelberg: “I'm happy with the acknowledgement of failure by government, however, I want to see action taken against the corrupt implementation of plans.”
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news'