MOSSELBAAI NUUS - Gedurende die afgelope paar jaar, het die Mosselbaai-munisipaliteit stelselmatig begin met die installering van rioolinsfrastruktuur in die Tergniet-omgewing.
Tans, is die munisipaliteit besig met die volgende fase van hierdie projek en lede van die publiek word versoek om hiervan kennis te neem.
Die werk behels die vestiging van fasiliteite vir die kontrakteur op die terrein, asook die voorsiening van die nodige personeel en toerusting.
Die nodige tydelike kennisgewingborde sal aangebring word asook aanwysings en verkeersbeheer maatreëls om veilige konstruksie te verseker.
Die kontrakteurs sal, sover moontlik, uitgrawings per hand doen om die ligging van bestaande dienste te bepaal. Hierna sal die installering van die nuwe rioolnetwerk volg, wat pypleidings van verskillende deursnee behels. Die werk sal uitgevoer word binne die munisipale padreserwes, asook boulynserwitute binne privaat erwe. Horisontale boorwerk onder die spoorlyn, die PetroSA-waterlyn asook met betrekking tot verskeie privaat wonings sal vereis word.
Na raming sal die huidige fase van die projek 9 maande duur, met voltooiing in die vooruitsig gestel vir Maart 2024.
Areas geraak
Die area wat deel gaan uitmaak van die huidige fase sluit die volgende strate in, maar is nie noodwendig hiertoe beperk nie:
11de, 9de, 8ste, 7de, 6de en 5de Laan asook Harris-, Luckhoff-, Van Zyl-, Muller-, Seekat- 50, 52, 54 en Seesterstraat 2, 4, 6, 8 asook 10 tot 42 (slegs ewe nommers) en dan ook Perlemoen- en Mossellaan 9 tot 18.
Basiese tarief
Sodra die rioolinfrastruktuur gereed en beskikbaar is om gebruik te word, sal 'n maandelikse rioolbeskikbaarheidsfooi van R411,37 (BTW ingesluit) gehef word. Die rioolbeskikbaarheidsfooi word verhaal van alle eiendomme wat by die rioolinfrastruktuur aansluit.
Daar is geen sperdatum om by die voltooide munisipale rioolinfrastruktuur aan te sluit nie. 'n Eienaar kan dus te enige tyd besluit om aan te sluit. Indien 'n eienaar besluit om wel by die rioolinsfrastuktuur aan te sluit, word 'n eenmalige rioolaansluitingsfooi van R 5100.00 (BTW ingesluit) gehef waarna die aansluitingspunt beskikbaar gestel word. 'n Privaat loodgieter van die eienaar se keuse moet gekontrakteer word om die rioolpype op die eiendom aan te lê om die munisipale aansluitingspunt te benut.
Nadat die eenmalige riool aansluitingsfooi van R5 100 (BTW ingesluit) betaal is, word die maandelikse rioolfooi tot R316.44 (BTW ingesluit), verminder. Sou die eienaar kies om nie by die rioolinfrastruktuur aan te sluit nie, sal 'n maandelikse rioolbeskikbaarheidsfooi van R411,37 (BTW ingesluit) steeds gehef word.
Die tariewe is in lyn met die goedgekeurde 2023/24-begroting wat jaarlikse hersien word.
Wetlike vereistes
Volgens enige eiendom se titelakte, moet die volgende in gedagte gehou word:
- Die eienaar van 'n erf sal sonder vergoeding verplig wees om toe te laat dat elektrisiteitskabels en/of -drade en hoof- en/of ander waterpype en die riool en dreinering, insluitend stormwater van enige ander erf of erwe oor hierdie erf, indien nodig geag, vervoer word indien nodig geag deur die plaaslike bestuur en op sodanige wyse en posisie as wat van tyd tot tyd redelikerwys vereis mag word.
- Dit sluit die reg van toegang tot die erf op enige redelike tyd in vir die doel van konstruksie, verandering, verwydering of inspeksie van enige werke wat verband hou met die bogenoemde.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’