GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie vra dat vakansiegangers steeds waaksaam moet wees wat hul veiligheid betref as hulle in die omgewing vakansie hou.
Dit volg nadat huisbrake die laaste tyd toegeneem het.
Volgens kaptein Francois Henzen, bevelvoerder van die Groot-Brakrivier- polisiekantoor is vier fietse gisteraand, 31 Maart gesteel nadat die vensters van 'n woning in Bothastrand verwyder is en so toegang tot die huis verkry is.
In 'n ander voorval het die voordeur oopgestaan met mense wat agter in die tuin was toe iemand ingestap het en selfone gesteel het.
Kaptein Henzen vra dat vakansiegangers en inwoners ekstra waaksaam moet wees en seker maak vensters sonder diefwering is toe en dat deure gesluit is.
"Maak asseblief seker alle waardevolle items soos horlosies, juwele, rekenaars, selfone, fietse en televisies is toegesluit."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’