MOSSELBAAI NUUS - Puik prestasies is gelewer tydens Saterdag se Mosselbaai hoërskole-atletiekkampioenskap wat by die Van Riebeeck-sportgronde plaasgevind het.
'n Groter as gewoonlik groep atlete, het begin aanspraak maak op hulle plek in die Eden hoërskole-atletiekspan wat aan die Wes-Kaap-kampioenskap gaan deelneem asook gekies kan word vir die ASWD atletiekspan wat aan die ASA junior- en jeugkampioenskap gaan deelneem.
Tydens die byeenkoms is 39 rekords verbeter deur die volgende atlete:
- Linel Engelbrecht (meisie 14) 3 000m (Curro),
- Juanic Alberts (meisies 19) spiesgooi, verspring, driesprong (Punt),
- Andrea Kommer (meisies 19) driesprong, verspring (Punt),
- Zané Kruger - (meisies 14) 90m hekkies, 300m hekkies, 400m (Curro),
- Girard September (seuns 15) 100m hekkies, 300m hekkies (Punt),
- Bradley du Plessis (seuns 15) 3 000m (Sao Bras),
- Joshua Hermanus (seuns 19) 110m hekkies (Punt),
- Kaleph le Riche (seuns 14) 800m (Curro),
- Jacques Fourie (seuns 15) 800m, 1 500m (Punt),
- Anika Snyders (meisies 14) spiesgooi (Punt),
- Elné Conradie (meisies 17) 400m, 800m, 1 500m (Punt),
- Eben Conradie (seuns 19) 800m (Punt),
- Bradley Gerhardus (seuns 14) 200m (Punt),
- Anika Beukes (meisies 14) 100m, 200m, verspring (Punt),
- Jordan Jaars (seuns 14) hoogspring, spiesgooi (Punt),
- Cadi Josias (meisies 17) 200m (Hillcrest),
- Marizaan van der Mescht (meisies 19) 1 500m (Punt),
- Lereen Mostert (meisies 15) verspring (Punt),
- Jandri Snyders (meisies 14) 1 500m (Punt),
- Anlo Ferreira (seuns 17) 200m, 400m (Curro),
- Leandré Engelbrecht (meisies 19) verspring (Punt),
- Christiaan Welgemoed (seuns 15) hamergooi (Punt),
- Liam Kennemeyer (seuns 17) driesprong (Punt)
- Liandré Schoeman (meisies 17) hamergooi (Curro)
Die atlete neem eerskomende naweek deel aan die ASWD / Eden hoërskole-kampioenskap in Oudtshoorn.
Zané Kruger van Curro Mosselbaai is besig om alle rekords te verpletter. Sy het by Curro se Interhuis, HS Bellville se Norman Hauzer, Inter Curro in die Paarl en by die Mosselbaai-streekskampioenskap al die 90m-, 300m hekkies en 400m rekords gebreek.
Sarah Viljoen van Curro het soos gewoonlik haar alles ingesit in die items waaraan sy deelgeneem het.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'