Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai beskik oor hegte families en vroue wat saamstaan met verskeie generasies, wat op dieselfde dorp woon. Sommige van Mosselbaai se vier- en vyf generasie vroue het hulle foto's aan die Mossel Bay Advertiser, ter viering van Moedersdag op Sondag, gestuur.
Baie van die families woon en werk al jare op Mosselbaai.
FOTOGALERY: Hegte families volop
Moedersdag is 'n dag wat ma's en moederskap gedenk.
Moedersdag word in Suid-Afrika
(en meeste ander Westerse lande) op die tweede Sondag van Mei gevier.
In die Verenigde Koninkryk en Ierland word 'n ouer tradisionele kerklike Moedersdag, bekend as Mothering Sunday, drie weke voor Paasfees gevier.
Mense wat die dag vier, bederf gewoonlik hulle ma's op dié dag.
Hulle bedien soms ontbyt in die bed en help met kosmaak en ander huishoudelike take. Kaartjies, blomme en geskenke word ook soms op dié dag aan moeders gegee om die dag vir hulle ekstra spesiaal te maak.
Nog 'n vyf generasie familie op Mosselbaai is Elizabeth Nefdt (92), Paulina Kortje (61), Tania Campher (33), Divine Elizabeth (15) en Isbelle Elizabeth (1). Hulle woon in Heiderand.
Die 82-jarige Ouma Bettie van Deventer (voor) is die oudste van vyf generasies. Op haar skoot is haar agter-agterkleinkind, Isabella Gerber (ses maande) en links agter haar, haar kleinkind, Monica Heath (42), met dié se laatlam dogtertjie Leané Strydom (5) wat voor haar staan en haar ander dogter, Dominique Heath (19) langs haar. Regs is Bettie se dogter, Magda Stockenstroom (69). Magda is Monica se ma en Isabella is Dominique se dogter. Foto: Elaine van der Toorn
Van regs is Hope Petersen (10), Dalne Petersen (29), Patricia Petersen (55) en Maria October (79) verteenwoordig vier generasies en woon almal op Mosselbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’