GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Inwoners van Die Eiland by Groot-Brakrivier slaak 'n sug van verligting nadat die berugte Stinkhoekie, 'n area wat besonder onwelriekend was, onlangs aangespreek is.
Stinkhoekie het dié onaangename naam gekry omdat opdrifsels daar opdam wanneer watervlakke in die rivier hoër word wanneer die riviermonding na die see toe is.
Ná onlangse klagtes het Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, uitvoerende raadslid Anton Dellemijn en die uitvoerende bestuurder, strategiese dienste, mnr Colin Puren die Stinkhoekie besoek.
Brandbestryders van die Mosselbaai brand- en rampbestuursdienste het die opdrifsels by Stinkhoekie weggegespuit sodat dit tydens die geskeduleerde oopmaak van die monding, wat bykans tegelykertyd plaasgevind het, kan wegspoel.
Die geskeduleerde oopmaak van die monding het juis ten doel om die waterkwaliteit van die riviermonding te bestuur, en aldus die munisipale bestuurder word die waterkwaliteit deurgaans gemonitor.
Ná onlangse klagtes, het Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, uitvoerende raadslid Anton Dellemijn en die uitvoerende bestuurder, strategiese dienste, mnr Colin Puren werk gemaak van 'n area bekend as die Stinkhoekie by die Groot Brak Eiland en is die area opgeruim.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'