Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS en VIDEO - Groot-Brakriviermond is vanmiddag deur die see oopgebreek.
Die weerdiens het waarskuwings uitgereik dat deinings van tussen 7m tot 8m langs die Wes- en Oos-Kaapse kus verwag kan word.
Groot branders en hoë deinings het daartoe gelei dat die Groot-Brakriviermonding deurgebreek is.
Mense word gewaarsku om nie dit in die riviermonding te waag nie omdat die see besonder rof is en gevaarlike toestande heers.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: ANNATJIE JANSE VAN RENSBURG
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'