MOSSELBAAI NUUS - Ná 25 jaar as speurder lê een van die steunpilare in die KwaNonqaba-polisie finaal die leisels neer.
Adjudant-offisier Leonard Snyders het Dinsdag kollegas en vriende by die polisiestasie gegroet om uitdagings in die privaatsektor aan te pak.
"Sy gelyke is dun gesaai as dit by toewyding, kennis, ondervinding en werksywer kom. Hy was gewis een van die steunpilare van die ondersoekeenheid. Net die beste wense vergesel hom op sy toekomspad," aldus die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sers Kapp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'