MOSSELBAAI NUUS - Die span van Mosselbaai-munisipaliteit se Brand, Reddings- en Rampbestuur hanteer vanmiddag 'n veldbrand naby die Danabaai-brug.
Opruimingswerk word tans gedoen.
Die verkeer op die N2 word nie beïnvloed nie, maar die gedeelte van die pad tussen die Danabaai-kruising en die George-afrit is gesluit vir verkeer weens digte rook, wat sigbaarheidsprobleme in die omgewing veroorsaak en brandbestryding bemoeilik.
Die provinsiale verkeersdepartement is op die toneel om motoriste by te staan.
Terselfdertyd is a span brandbestryders besig om 'n brand by 'n woning in Dywilistraat, New Rest, te blus.
Die rook veroorsaak sigbaarheidsprobleme.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'