Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Op Dinsdag, 9 Maart het die polisie in samewerking met Matla A Bana in Mosselbaai gestop by Johnnie Koen fietswinkel tydens hulle anti-boelie bewusmakingsveldtog.
'n Span fietsryers wat vanaf Johannesburg tot Kaapstad ry het tydens die fietsrit by skole aangegaan om leerders in te lig oor boelies.
Op 10 Maart is Ek Primêre Skool besoek waar 105 kinders teenwoordig was en kaptein Boelie Baster hulle vertel het van boelies.
Matla A Bana is deur Monique Strydom gestig as 'n stem vir kinders wat mishandel en verkrag word met die doel om sekondêre behandeling te ontvang.
Strydom en haar man, Callie was in die jaar 2000 baie in die nuus nadat hulle deur vier maande van hel gegaan het toe die egpaar saam met 19 ander toeriste van die Sipadan-eiland in Maleisië deur Abu Sayyaf rebelle gevange geneem is en na die Jolo eiland geneem is waar hulle vir 127 dae aangehou is.
Na haar vrylating het sy beloof om haar lewe toe te wy deur ander te help. Sy het toe Matla A Bana in 2001 gestig na die verkragting van twee babas in daardie jaar. Matla A Bana beteken die kinders se krag.
FOTOGALERY: Fietstoer leer kinders oor boelies
In 2003 het sy drie besigheidmanne genader om skole te besoek en uit die terugvoer wat ontvang is, het dit duidelik geblyk dat boelie een van die groot probleme geword het in skole. "Ons het 'n fietstoer met 'n verskil op die been gebring waar skole landwyd besoek word om die boodskap uit te dra," vertel Strydom.
Verskeie organisasies word betrek soos die kinderbeskermingseenheid, Smiley-projek en verskeie ander asook die polisie. Matla A Bana verskaf ook toerusting en lei mense op in die bekamping van die boelie-probleem in die land. So is die Da Gamaskop-polisiestasie toegerus met fasiliteite vir berading wat egter as gevolg van 'n brand beskadig is. "Ons werk tans daaraan om dit weer op te knap," sê sy.
VIDEO: Fietstoer om kinders van boelies te leer:
Kaptein Boelie Baster vertel die kinders van boelie by EK Primêr.
Vandag, 23 jaar na Monique Strydom vrygelaat is van die Jolo eiland waar hulle destyds aangehou is, wy sy haar lewe toe aan die beskerming van kinders wat mishandel word. Foto: Moniquestrydom.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’