Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die afgelope Saterdag was die Mosselbaai-lughawe 'n miernes van bedrywighede toe 21 fotograwe van die Eden Photographic Society (EPS) 'n werkswinkel bygewoon het waar die kamerategniek bekend as Strobist-beligting verduidelik en mee geëksperimenteer is.
As bonus is 'n ou dubbelvlerk Tiger Moth vegvliegtuig en 'n Ural BMW motorfiets met 'n syspan gebruik om meer kleur aan die geleentheid te gee.
EPS se woordvoerder, Elizabeth Nicholson, het verduidelik taamlik baie beplanning moes gedoen word om dié werkswinkel te laat plaasvind en sy was baie verlig dat die weer saamgespeel het om van die geleentheid 'n unieke een te maak.
Mnr Brandon Mentoor van Bravura Photography en ook 'n EPS-klublid, het die fotograwe bekend gestel aan Strobist-beligting waarna hulle prakties dié beligtingstegniek kon toepas teen die goue lig van die sonsondergang. Nicholson het gesê dit is EPS se doel om 'n passie vir fotografie onder sy lede te ontwikkel.
Dit is ook belangrik om die aspirant-fotograwe so ver moontlik bloot te stel aan verskeie fotografiese tegnieke en uiteenlopende fotografiese uitdagings as 'n kunsvorm. EPS is ook geaffiliëer by die Photographic Society of South Africa (PSSA) en sy lede neem ook aktief deel aan fotografie kompetisies, wat bekend staan as Salonne.
Uitsoek-geleenthede
Die vliegtuig en motorfiets, wat as agtergrond gedien het in die praktiese oefening, is albei nog ten volle funksioneel en word van tyd tot tyd nog aangewend vir uitsoek-geleenthede.
Twee pragtige sussies, Megan en Chloe Conradie, het as modelle opgetree om die toneel mooi af te rond.
Die Tiger Moth behoort aan Zirk Lombaard. Dié besondere vliegtuig was aan die Royal Air Force (RAF) verbonde en vegvlieëniers gedurende die Tweede Wêreldoorlog het meestal hul opleiding in Tiger Moths ondergaan.
Ná Lombaard se vliegtuig haar diens by die RAF voltooi het, het sy ook vir 'n tydperk verbonde aan die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL). Lombaard verwys liefderik na haar as die old girl en het haar Sabiha gedoop tot eer van Sabiha Gökcen, wat die eerste Turkse vroulike vegvlieënier was. Lombaard se vriendin, Burçn Özmert, is self 'n vlieënier en ook van Turkye.
Die pragtige ou motorfiets met sy syspan, het die vliegtuig mooi komplimenteer en is in 1942 in Rusland vervaardig. Die eienaar, Jan le Roux, vertel die Russe het die Duitse lisensie bekom om dié gepatenteerde motorfiets te bou en dit verduidelik waarom die syspan aan die regterkant is en nie links soos die Duitse BMW motorfietse van daardie era nie.
EPS kom een keer per maand bymekaar by die Diaz Hotel bymekaar.
Belangstellendes kan EPS kontak by 076 582 7554 of 084 760 0602.
VIDEO - Geskiedenis gemaak met ou spogstukke (Video: Jannie du Plessis).
Lede van die Eden Photographic Society by die Tiger Moth.
Jan Marais (Mosselbaai lughawe bestuurder) staan hier, links, saam met Zirk Lombaard (eienaar van die Tiger Moth vliegtuig), Burçn Özmert (Lombaard se vriendin), Johan van Aarde (voorsitter - Eden Photographic Society) en Jan le Roux (eienaar van die 1942 Russiese syspan-motorfiets). Foto's: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’